Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Hierdie mans gesoek vir Orange Farm-polisiemoord

$
0
0

orange-farm-1Die polisie het foto’s uitgereik van ses verdagtes wat gesoek word in verband met die moord op ʼn polisiebeampte by ʼn treinstasie in Orange Farm, suid van Johannesburg.

Die SAPD het Sondag die foto’s van die verdagtes op Twitter geplaas met die woorde, “Gesoek vir die moord op konst. Norman Muhlari in Orange Farm op Donderdag 6 Augustus.” Enige persoon wat die mans op die foto’s herken of meer inligting oor die voorval het, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

orange-farm-2Maroela Media het vroeër berig Muhlari was die oggend aan diens toe hy en ʼn kollega deur twee aanvallers oorrompel is. Hy is in die bolyf geskiet terwyl sy kollega erg aangerand is. Muhlari is op die toneel dood.

Daar word vermoed die motief vir die aanval was om die beamptes se vuurwapens te roof.

Muhlari se moord het opslae gemaak, veral omdat die groot getal polisiebeamptes wat sterf tydens die uitvoering van hul pligte ʼn groot bekommernis vir die polisiediens is. Daar is vanjaar al meer as 50 polisiebeamptes aan diens dood.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!