Die vrou (20), wie se naam volgens wet nie genoem kan word nie, het aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê De Villiers het haar verkrag toe sy nog ʼn minderjarige was.
Sy het vertel hoe De Villiers haar na ʼn groep-fotosessie genooi het, maar geen van die ander modelle het opgedaag nie. Sy het verklee en ʼn bikini aangetrek vir die fotosessie, waarna De Villiers haar op die rusbank in sy ateljee verkrag het.
Sy het gesê De Villiers het ʼn kondoom gebruik en haar ʼn voorbehoedpil gegee toe hulle mekaar weer gesien het ná die verkragting.
Die vrou het deurentyd sag gepraat en soms in trane uitgebars tydens haar getuienis.
De Villiers staan tereg op 38 aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog. Die verhoor duur voort.