Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Twee wat glo polisievrou vermoor volgende week gevonnis

$
0
0

Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo in die Wes-Kaapse hooggereghof. Foto: ANA

Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo in die Wes-Kaapse hooggereghof. Foto: ANA

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn Kaapstadse polisiebeampte tydens ʼn rooftog op ʼn plaas doodgeskiet het, sal waarskynlik volgende week hoor of hulle skuldig bevind sal word.

Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo het Vrydag weer in die Wes-Kaapse hooggereghof verskyn. Hulle word beskuldig van die moord op konst. Rozelle Witbooi (30) in Februarie verlede jaar.

Witbooi het saam met ʼn ander polisiebeampte, ao. Jonathan Koopman, op ʼn gewapende rooftog by ʼn groenteplaas in Kraaifontein gereageer. Kwayimani en Silnelo het na bewering saam met ander rowers die plaaseienaar vasgemaak en selfone en skootrekenaars van hom en sy werkers gesteel. Hulle het die werkers in ʼn ongebruikte koelkamer toegesluit voordat hulle gevlug het.

Die plaaseienaar het dadelik die polisie ontbied. Witbooi en Koopman het die plaas vir die verdagtes gefynkam. Toe hulle naby die ingang van die plaas kom, het hulle twee verdagte mans buite die hek gesien wat erg gesweet het en uitasem was. Volgens die bewyse wat voor die hof gebring is, was die twee mans Kwayimani en Silnelo.

Koopman het die mans genader wat geweier het om met hom te praat. Witbooi het toe aan Koopman uitgewys dat een van die mans ʼn vuurwapen het en ʼn stoeiery het ontstaan. Skote is afgevuur en Witbooi is doodgeskiet. Koopman kon daarin slaag om albei verdagtes te skiet, maar een het gevlug en is ʼn paar dae later in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Kwayimani en Silnelo staan tereg op ʼn aanklag van moord, asook 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ontvoering, poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hulle het skuld op al die aanklagte ontken.

Albei beskuldigdes ontken dat hulle ooit op die plaas was en beweer hulle was bloot onskuldige verbygangers. Hulle beweer ook dat hulle mekaar glad nie ken nie.

Hulle bly in polisieaanhouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!