Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nóg ʼn man vas vir kinderpornografie

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

In nog ʼn skokkende voorval van beweerde kinderpornografie is ʼn 19-jarige man Donderdag in Pretoria in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die man word verbind met vier ander verdagtes wat in September in Hercules in Pretoria in hegtenis geneem is in verband met die besit en verspreiding van kinderpornografie. Die man het reeds in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Dit is die tweede geval vandeesweek waar mense in hegtenis geneem word vir die maak, besit en verspreiding van kinderpornografie. Die polisie het Dinsdag ʼn 39-jarige man van Boksburg aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy glo naakfoto’s van sy vriendin se vierjarige dogtertjie op die internet versprei het. Die man het na bewering sowat 50 naakfoto’s in verskeie posisies van die dogtertjie geneem en dit aanlyn geadverteer, sonder haar ma se medewete.

Naidoo het gesê die man het Vrydag in die Boksburg Noord-landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 30 Oktober.

Intussen het genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders se aanlyn aktiwiteite te monitor. “Ons is bly dat hierdie stille maar gevaarlike misdaad die aandag kry wat dit verdien en dat verdagtes elke tweede dag vasgetrek word. Ons glo egter dat ouers ʼn verantwoordelikheid het om te weet waarmee hul kinders hulle besig hou wanneer hulle aanlyn is,” het sy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!