Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Hofbevel gevra teen SAL- en SAAT-afleggings

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit gaan die arbeidshof vandeesweek met ʼn dringende aansoek nader om ʼn interdik teen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en SAL Tegnies (SAAT) se huidige afleggingsproses te bekom.

Solidariteit meen SAL, sowel as SAAT, volg nie die nodige prosedures soos uiteengesit is in artikel 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge in hul huidige afleggingsprosesse nie.

Die aansoek volg nadat SAL op 24 Julie 2015 eensydig ʼn gemeenskaplike ooreenkoms met die meerderheidsvakbonde by SAL, naamlik die National Transport Movement en UASA, bereik het.

Die ooreenkoms is boonop ook na lede by SAL Tegnies uitgebrei. Hiervolgens is sekere seleksiekriteria en ’n tydsraamwerk waarbinne die afleggingsproses afgehandel moet word, vasgestel. Solidariteit en drie ander vakbonde se gesamentlike aansoek ingevolge artikel 16 van die Wet op Arbeidsverhoudinge waarin SAL formeel versoek word om die nodige inligting rakende die redes vir die afleggingsproses bekend te maak, is egter nog nie afgehandel nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) moet nog daaroor beslis.

“Solidariteit en die drie ander vakbonde het die hof verlede week met ʼn gesamentlike aansoek genader om sodoende die maatskappy te dwing om voortaan die nodige prosedures tydens sy afleggingsproses te volg. Ons meen SAL en SAAT het nie genoegsame geleentheid vir vakbonde geskep om konstruktief oor die afleggingsproses te konsulteer nie,” het Johan Botha, hoof van die professionele bedryf in Solidariteit, gesê.

In die aansoek vra Solidariteit dat SAL en SAAT nie moet voortgaan met die inwerkingstelling van die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms nie. Solidariteit vra ook dat die artikel 16-proses afgehandel moet word, en dat die vakbonde tot minstens 22 Augustus 2015 kans gegun moet word om met die werkgewer oor die afleggings te beraadslaag.

Botha verduidelik dat die blootlegging van inligting ’n noodsaaklike deel van konsultasies rondom afleggingsprosesse is. “Ons is van mening dat daar kragtens arbeidswetgewing eers behoorlik oor die grondrede vir die afleggings besin moet word voordat seleksiekriteria en vrywillige skeidingspakkette sonder meer bespreek kan word. Ons wil daarom die hof vra om die afleggingsproses uit te stel sodat ons na behore met die werkgewer oor die grondrede vir die proses kan beraadslaag,” het Botha gesê.

Die hofaansoek sal na verwagting Donderdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Altesaam 730 werknemers word deur twee gelyklopende afleggingsprosesse by SAL en SAL Tegnies, wat as een proses hanteer word, geraak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!