
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het Dinsdag sy ondersteuning aan stakende Comair-werkers toegesê en sy lede versoek om die lugredery se vlugte te boikot.
“Die SAKP doen ʼn beroep op al sy lede en leiers om nie van Kulula of British Airways gebruik te maak nie,” het Alex Mashilo, woordvoerder van SAKP, gesê. “Dit sal verseker dat daar nie teen die werkers se struggle ingewerk word om te veg teen uitbuiting nie.”
Ongeveer 400 Comair-werkers, wat deur die vakbond United Association of South Africa (UASA) verteenwoordig word, het verlede Woensdag begin staak ná salarisonderhandelings vasgeval het.
Comair en UASA het vandag met vergaderings met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) begin.
Lees alle vorige berigte oor Comair op Maroela Media.