Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA moet dalk van April mielies begin invoer

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die minister van landbou het Maandag gesê indien daar nie ʼn verligting van die droogte vir boere kom nie, sal Suid-Afrika moontlik van April of Mei mielies van die Verenigde State van Amerika moet invoer.

Minister Senzeni Zokwana het tydens ʼn perskonferensie oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms, gesê die land het slegs vier of vyf maande se mielievoorraad.

“Die land sal dalk van April of Mei af moet begin mielies invoer indien niks anders gedoen word nie,” het hy gesê.

Zokwana het gesê buiten die maatreëls om water te bespaar, moet die land nuwe boorgate installeer, nuwe voorraad opbou, vee red en die uitdaging van brande trotseer. Indien Suid-Afrika mielies moet invoer, sal kospryse verhoog.

Invoerheffings word onder Agoa op meer as 7 000 Suid-Afrikaanse produkte wat die Amerikaanse mark betree, uitgeskakel. Dit sluit tekstiel en vervaardigde items in en is ʼn program wat 39 sub-Sahara-lande bevoordeel.

Onder dié wet geniet Suid-Afrika ook belastingvrye toegang tot verskeie landbouprodukte. Die totale handel tussen Suid-Afrika en die VSA in 2015 beloop ongeveer R217 miljard.

Suid-Afrika moet Maandag invoere van Amerikaanse hoender, vark en beesvleis toelaat, anders sal die land sy belastingvrye voordele vir landbouinvoere onder Agoa verloor.

Zokwana, minister van handel en nywerheid Rob Davies, en minister van gesondheid Aaron Motsoaledi, het Maandag vergader oor Agoa-onderhandelinge. Klik hier om meer te lees.

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!