Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Eskom kla DA aan

$
0
0

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het strafregtelike klagte teen die DA aanhangig gemaak.

Die kragvoorsiener beweer DA-LP’s Natasha Mazzone en Kevin Mileham sowel as talle van die party se ondersteuners het Woensdag by sy hoofkantoor in Johannesburg opgedaag “sonder toestemming waarna hulle voortgegaan het om die ontvangsgebied te beset en daarop aan te dring om Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, te spreek”.

Eskom het strafregtelike klagte ingedien ingevolge die Wet op Openbare Byeenkomste. Mazzone het egter ontken dit was ʼn protesaksie en beweer die party het met Eskom gereël om ʼn petisie te oorhandig waarin aangedring word dat Eskom-bestuurders die miljoene rande wat hulle in prestasiebonusse ontvang het, moet terugbetaal.

“Ons het al nagenoeg vyf maande nie beurtkrag toegepas nie en ons gaan voort om onderhoud op ons aanleg te doen om langtermyn-volhoubaarheid te verseker,” het Eskom in ’n mediaverklaring benadruk.

“Dit is dus kommerwekkend dat ’n politieke party op ’n wyse kan optree wat daarop gemik is om die fokus van ’n maatskappy wat sy kernsake doen te versteur en ontspoor deur die maatskappy besig te hou met onsinnige petisies.”

Eskom sowel as Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het uitgevaar teen Mazonne en haar party en gesê die saamtrek was “onwettig, onverantwoordelik en onaanvaarbaar”.

Mazonne het egter volgehou dat die saamtrek nie ʼn protesaksie was nie, maar dat hulle gereël het om ʼn memorandum met 77 000 handtekeninge te oorhandig.

Eskom het intussen aangedui dat hy ook ʼn klag van bedrog teen die DA gaan indien weens beweerde teenstrydighede in die petisie. Volgens Eskom is van die handtekeninge glo deur dieselfde persoon gemaak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!