Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Regering, Sanef stem ooreen oor gesonde mediaverhoudings

$
0
0
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en lede van Sanef en die regering wat op 21 November 2015 die jaarlikse indaba bygewoon het Foto: Presidensie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en lede van Sanef en die regering wat op 21 November 2015 die jaarlikse indaba bygewoon het Foto: Presidensie

Die regering en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Saterdag saamgestem oor die belangrikheid van gesonde verhoudings tussen die regering en die media om seker te maak dat Suid-Afrikaners ten volle ingelig en betrokke bly as aktiewe deelnemers in die land se ontwikkeling, terwyl die regering ook aanspreeklik gehou word.

Volgens ʼn gesamentlike verklaring wat ná die jaarlikse indaba by die presidensiële gastehuis in Pretoria uitgereik is, word verbeterings in die vlak van vertroue tussen die regering en joernaliste verwelkom en hulle is gesamentlik verbind om die vlak van vertroue te verdiep en meer gedetailleerd sienings in die toekoms te deel. Dit sluit, onder andere, kwartaallikse vergaderings deur die nasionale uitvoerende komitee en senior redaksie in.

Die vergadering het ook ingestem dat ʼn konstruktiewe interaksie tussen die regering en die media, en ʼn vry en lewensvatbare mediabedryf van uiterste belang is om ʼn Suid-Afrika te bou waar burgers ingelig en bemagtig word om die land te help om “die belofte van 1994” te volbring.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het gesê ons is almal beskermhere van die verwagting van die miljoene Suid-Afrikaners wat gestruggle en hulself opgeoffer het om vry te wees. “Ons is die beskermhere van demokrasie, ontwikkeling, geregtigheid en gelykheid,” het hy gesê.

Die regering verbind homself tot ʼn vry en vooruitstrewende media wat die beleid en optrede van die regering moet bestudeer met die vermoë om sukses te loof en tekortkominge uit te wys, het Ramaphosa bygevoeg.

Sanef het op sy beurt die regering verseker van die media se toewyding aan Suid-Afrika se sukses en status en ontwikkeling as ʼn grondwetlike demokrasie. Sanef het kritieke kwessies binne die Suid-Afrikaanse mediabedryf uitgewys waaronder ʼn afname in inkomste en wins wat gelei het tot kostes wat gesny moes word, herstrukturering en werksverliese en vaardighede wat verlore gaan.

Ander kwessies waaroor Sanef besorg is sluit beplande parlementêre verhore oor ʼn media-appèltribunaal en die wetsontwerp oor die beskerming van staatsinligting in. “Sanef verwelkom president Jacob Zuma se uitsprake dat die verhore grondwetlike bepalings soos vryheid van spraak en ʼn vry media in ag sal neem.”

Ramaphosa het die media uitgenooi om saam met die regering te werk om deursigtigheid en aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse samelewing te bevorder, as deel van die land se voortgesette ontwikkeling.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!